| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Sagteband in goeie toestand
DIE PROFEET is die vierde boek in Francine Rivers se gewilde MANNE VAN GELOOF-reeks en vertel die verhaal van Amos.
Amos was 'n man wat daarvan gehou het om hom van ander af te sonder en sy tyd in die heuwels deur te bring. Hy was 'n man met vaste oortuigings wat geluister het wanneer die Here roep. Hy was 'n man met vasberadenheid wat met 'n nasie gepraat het wat onwillig was om te luister. Die Israeliete het teen God gerebelleer en is deur oorloƫ vernietig, maar eers is hulle gewaarsku deur 'n profeet wat geweier het om weggewys te word.
DIE PROFEET vertel die inspirerende verhaal van Amos, 'n man wat ongeag teenkanting geweier het om ongehoorsaam te wees aan God se roeping.