Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Maar wag, hy's nie sommer 'n gewone worsie nie ... terwyl sy neefs en niggies skoothonde is, is Jorsie anders. Hy's nie tevrede met 'n gewone hondelewe nie, hy wil 'n polisiehond wees! Wanneer een van Jorsie se skaaphondmaats se lammertjies skielik wegraak, is die dorp se drie polisiehonde nie baie lus om te help soek nie. Jorsie kom gelukkig op 'n leidraad af ... Sal hy die raaisel kan oplos en die lammertjie veilig kan terugbring na die plaas?