Die reise van Olga Dolsjikowa en ander omswerwinge beeld mense uit wat ten spyte van hulle omswerwinge nie hulle droom of passie in vervulling kon laat gaan nie. Die klem op reis in die titel is omdat die mees deurslaggewende dinge gebeur wanneer grense oorgesteek word, en die mees ingrypende insigte opdaag wanneer die veiligheid van en bekende omgewing agtergelaat word. In die titelverhaal verbind die verteller haar eie treinreis in Rusland met die Russiese literatuur. Tydens haar eie treinreis hoor sy die verhaal van Olga Dolsjikowa, wat reeds twintig jaar lank een keer per maand die reis van 650 kilometer van Moskou na St. Petersburg afle om en naweek deur te bring naby haar geliefde, wat getroud is met en ander. Eindelik suggereer die slot dat reise soos di ; van Olga en die verhale daaroor geen einde het nie en dat dit tot in die oneindigheid sal voortduur. Na en dubbele mastektomie bied en vrou in Geen sagte troos aanvanklik weerstand teen haar man se seksuele toenadering, maar vind eindelik juis in sy omhelsing skuiling en heling. Die hoofkarakter in Die rooi draad se lewensideaal was om soldaat te wees. As middeljarige gaan hierdie wens in vervulling, maar nou is dit gedwonge en gaan dit gepaard met vrees en ervaring van die dood, die teenkant van die romantiese ideaal. Die groot verskil tussen droom en werklikheid vind ook uiting in Op soek na Henk Haringa. Hierin reis en Suid-Afrikaner na Nederland op soek na die penmaat van sy jeugjare, maar vind uit dat hy reeds jare gelede oorlede is. Van sy drome om te reis en die wereld te sien het daar niks van gekom nie en hy was al die jare slegs stuurman op die Amsterdamse gragte. Die verhale se krag le deurentyd in die delikate peiling van situasies en gevoelens, eerder as in die verblindende insig aan die einde Die reise van Olga Dolsjikowa en ander omswerwinge - Margaret Bakkes. Human & Rousseau 1995. ISBN 9780798133876

Title: Die reise van Olga Dolsjikowa en ander omswerwinge
Author: Margaret Bakkes
Publisher: Human & Rousseau
Year: 1995
Number of pages: 119
ISBN: 9780798133876
Books are all in a used condition unless otherwise stated and may contain signs of wear and handling. Items are inspected before listing to ensure they are in an acceptable condition. Please ask questions if you need more details on an item's condition.
Books are shipped within one business day of checkout. If you select EFT as payment method, it may take somewhat longer for payment to reflect on our side before we are able to dispatch.
We offer Pargo Pickup (3-5 business days), local collection in Somerset West or Aramex door-to-door courier (1-2 business days). Shipping options can be selected at checkout.
We recommend Aramex courier as a fast no-contact delivery method available to all destinations within South Africa. Tracking number will be supplied once your shipment has been been processed.
See more of our books at
https://www.bidorbuy.co.za/seller/1245451/T_Wever