Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
âœDie rentmeestersâ is ân opdragroman van die Minister van Landbou by die geleentheid van die Fees van die Grond, wat in 1968 gevier is. Die titel dui reeds die onderliggende tema aan, naamlik dat die mens slegs rentmeester is oor die grond en dit moet bewaar vir die toekoms en die nageslag. Die roman staan dan ook in diens van die boodskap van liefde vir en benutting van die grond. Die boer Cas Richter maak ân mislukking van die erfplaas Pioniersvlei deur verkeerde boerderymetodes, waardeur die grond verniel word, en omdat sy hart heimlik nie in boerdery en die grond is nie. Dit bekommer en grief sy vader, Ben Richter, wie se lewe en talle ontberinge op die plaas telkens deur terugflitse gekommunikeer word. Te midde van die verval van die plaas pleeg Cas selfmoord. Die plaas word slegs gered wanneer Ben dit op die bankrotvendusie terugkoop en aan sy kleinseun Benjamin bemaak, wat wel ân liefde vir die grond, kennis van moderne boerderymetodes en aanleg vir boerdery het.
TITLE: Die Rentmeesters SECONDHAND
AUTHOR: F.A. Venter
PUBLISHER: Tafelberg
DATE PUBLISHED: 1969
PLACE PUBLISHED: Suid-Afrika
PAGES: 192
BINDING: Hardeband
LANGUAGE: Afrikaans
DIMENSIONS: 216x137x17
WEIGHT: 400g