Die Rentmeesters
Check my rate
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: F.A. Venter
Formaat: Medium Sagteband
Toestand: Baie Goed
Om die grond te sien verarm en sterf, die grond waaruit jy en jou pa en sý pa voor hom geleef het, wat hulle liefgehad het soos 'n mens 'n mens liefhet dit is om eintlik self ook te ly en te sterf.
Die ou man Ben Richter moes sien hoe Pioniersvlei krimp en kerm onder die harde slae van droogte ná droogte en die liefdelose, onoordeelkundige hantering van sy seun Cas vir wie dit in die boerdery net gaan om geld maak. Die grond moet net gee en gee sodat hy en Heila kan leef soos hulle wil leef. Die ou man het sy seun gewaarsku: Die grond laat hom nie dwing nie. Jy moet na sy stem luister.
Maar Cas wou nie luister nie of kón hy werklik nie luister nie? en hy moes ten onder gaan.
Na 'n dekade waarin F. A. Venter hom en sy lesers ingelyf het in die geskiedenis van die Groot Trek, wend hy hom in sy jongste roman na die grond en die mense wat as rentmeesters oor daardie grond aangestel is, en bring hy die verhaal van die Richters van Pioniersvlei: die ou man, Cas en Heila, en die idealistiese, vurige jong Benjamin.
Die Rentmeesters is 'n sterk roman, 'n aktuele roman. In meeslepende, beeldende prosa word die Afrikaanse landelike lewe uitgebeeld en word die natuur self eintlik die hoofkarakter wat die mens dwing tot verantwoording en tot 'n groot keuse.
New Brand new and unread book.
As New A secondhand book that can easily pass for a new one.
Very Good Book is in great condition with only a minor blemish here and there.
Good Book shows visible reading wear but nothing serious.
Fair Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.
Worn Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a "reading copy"). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.