Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Krige en Visser kyk na die liggaam op die nat gras waarmee Fourie en Kotze besig is. Dit is sonder kop. Die bloederige wond waar die nek afgesny is, steek by die kraag van die uniform uit... "Dieselfde storie as die vorige twee." Hy beduie na 'n plastieksak wat op die gras langs hom le. "Daar's die roos..."
Hy val op die teelvloer neer en voel met sy bruikbare hand aan sy skouer. Dik, klewerige bloed stroom tussen sy vingers neer. Hy kyk op. Haar gesig is daar ver bokant hom. Sy kyk na hom met 'n gryns wat haar wit tande ontbloot...