Genre : Crime Fiction
Pages : 139
Size : 14x22 cm
Published : 1983
Condition : Very good with slight chafe marks on cover
Description : Hard cover no dust sleeve
"Chris de Jongh snuffel, soos private speurders maar snuffel, partykeer in ander mense se sake. Maar die komplot waarin hy beland, is iets waarsonder hy eintlik kan klaarkom.
Sonder dat hy betrokke wil of probeer raak, bevind hy hom naby ‘n sameswering om die Regering omver te werp – so naby dat hy nie anders kan as om betrokke te raak nie. Mense met aansien, boewe met geen genade nie en die allerpragtigste meisies begin loop kruis en dwars oor sy pad. En hoe meer hy probeer uitvind wat agter die toevalligheid skuil, hoe dieper word hy ingetrek.
De Jongh, ‘n fris kêrel wat ‘n gooimes en ‘n skietding kán gebruik, het uiteindelik geen keuse nie: Hy moet die samesweerders keer voordat dit te laat is. Dit bring wel mee dat hy by die dood omdraai, maar ook dat hy ‘n meisie liefkry wat sulke straf die moeite werd maak. Totdat sy ook voor die bek van ‘n vuurwapen staan . . ."
(Save on postage, make use of combined shipping)