Die smarte van die oorlog en wie dit gely het - Emily Hobhouse - Uit die Engles vertaal deur Dr. N.J. van der Merwe - 1941, tweede druk - Nasionale Pers - Oorspronklike groen linneband in goeie toestand as die ouderdom van die boek in aanmerking geneem word, geen sonverbleiking - Intern: stempels and een eienaarskap (gedateer Junie 1943) op eerste twee blaaie, verder mooi skoon en stewig gebind.
Die Smarte van Oorlog, die Afrikaanse vertaling van Emily Hobhouse se beroemde boek, The Brunt of the War and Where It Fell, waarmee sy haar volksgenote in 1902 wou inlig oor wat werklik in die konsentrasiekampe in Suid-Afrika gebeur het.
Dit het ‘n Britse vrou, aangedryf deur ‘n “diep sin van regverdigheid, geloof, barmhartig en patriotisme” gekos om die gruwels van die Anglo-Boereoorlog aan die wêreld uit te basuin.
Toe die oorlog wel uitbreek, was dit sy wat aangedring het dat ‘n openbare vergadering ‘n verklaring van medelye met die Boerevroue van die OVS en Transvaal uitspreek. “(This meeting) begs them to remember that thousands of English women are filled with profound sorrow at the thought of their sufferings, and with deep regret at the actions of their own Government.”
En dit was dieselfde Emily Hobhouse, of “Ons Miss Hobhouse”, soos die Boerevroue in konsentrasiekampe haar verdoop het, wat self kom kyk het hoe die oorlog geveg word en wat vroue in die kampe kom besoek het. Sy was onverskrokke in haar kritiek en hartstogtelik in haar geveg met owerhede vir reg en regverdigheid vir die Boerevolk – veral vir hulle vroue en kinders wat in haglike omstandighede probeer oorleef het. Sy was, in haar eie woorde, nie oortuig daarvan dat haar vaderland volgens die “highest principles of justice and humanity” opgetree het nie.
Sy het die oorlog ook deeglik uit gedokumenteer met haar boeke, o.m. The Brunt of the War and Where it Fell (waarvan uittreksels verskyn in en wat as inspirasie gedien het vir Die Smarte van Oorlog). Na die oorlog het sy ook gehelp om ‘n “platgeslane volk weer uit die as op te tel.”
Sy is op 8 Junie 1926 in Londen oorlede, en op haar begrafnis het Genl. J.C. Smuts so verwys na die Engel van Liefde, soos die Afrikanervolk haar beskryf het: “We stood alone in the world, almost friendless against the mightiest Empire on earth. And then, one small hand, the hand of a woman, was stretched out to us. At that darkest hour, when our race almost seemed doomed to extinction, she appeard as an angel…Strangest of all, she was an Englishwoman.”