Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
'n Verwaarloosde dogtertjie, net vier jaar oud, word in Soutpansberg gevind. Sy weet nie waar sy woon nie, of waar haar ma is nie. Wat agter hierdie kind lê en wat nog sou kom, is te gruwelik om te beskryf. Wessel Janke, 'n bekende joernalis, word jare later Pretoria toe gestuur om 'n onderhoud te voer met 'n vrou wat as kind 'n reeks moorde gepleeg het. Hy verwag om 'n monster te leer ken, maar Isobel Swart is 'n doodgewone vrou, 'n toegewyde ma vir haar kind, haar ewebeeld. Net soos Wessel, is sy op soek na die waarheid... in haarself. Sy wil hê dat mense moet verstaan wat 'n kind tot moord dryf. Sy wil self probeer verstaan. En sy wil hê hý moet verstaan. Haar verhaal trek hom in, verswelg hom. Haar waarheid word sy waarheid en dit begin daar waar nagmerries duisend dode sterf.