Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Stefan, n jong sakeman, is oppad na sy ouers in die Baviaanskloof. Sy Paasnaweekplanne verander egter drasties wanneer sy voertuig net buite Uniondale meganiese probleme ontwikkel en in Willowmore finaal die gees gee.
Terwyl hy wag dat die vreemde werktuigkundige op die dorp sy motor herstel, vertoef hy in die plaaslike hotel waar die eksentrieke kroegman hom die storie van die spookmeisie van Uniondale vertel. Die storie is van die verliefde Johan en Marie wie se toekomsdrome saam vinnig aan flarde geruk is.
Stefan ontmoet ook n jong boeremeisie, Sonja, op die dorp, en die aantrekkingskrag tussen hulle is dadelik daar.