Die Staat Vs Oscar Marida Fitzpatrick Afrikaans true crime South Africa detective police famous sport
The book is a soft cover book in a like new condition as per the photos
The book includes photos and has 248 pages
Barcode 9781868426416
*************ABOUT THE BOOK*****************
Oscar klop aan die deur en Reeva kom maak vir hom oop. Die man wat oor die drumpel trap, wat vir die laaste keer by hierdie huis instap, is Oscar Pistorius, skatryk, alomgeliefde wêreldberoemde Olimpiese held. Die man wat oor minder as 24 uur by dieselfde deur sal uit steier, sal 'n ánder Oscar wees. Berug, bebloed, bedroef, 'n flentersgebreekte spieël van homself."Dis die verhoor van die jaar, die storie van die dekade.
Dis 'n liefdesverhaal wat 'n hofdrama geword het, 'n sprokie wat in bloed geëindig het.Die Oscar Pistorius-saak is al van hoek tot kant bestudeer en ontleed, in berigte en debatte bespreek. Maar nog nooit is dit van die begin tot die end as 'n spanningsverhaal vertel nie. En dít is wat Marida Fitzpatrick in Die Staat vs. Oscar doen.
Sy weef die skrikwekkende gebeure van daardie nag en die mees dramatiese dele van die verhoor op só 'n manier ineen dat die boek soos 'n misdaadriller lees. Tussendeur dié boeiende vertelling is uittreksels uit roerende onderhoude met van die betrokkenes se naastes. Die boek bevat ook 'n interessante ontrafeling van die tegniese aspekte van die Wat het die ballistiek, die getuienis oor die gille en Oscar se twee verwere uiteindelik vir hom beteken?
Dit word alles geïllustreer met foto's wat op die toneel geneem is en grafiese voorstellings. Die Staat vs. Oscar is 'n fassinerende storie wat nie net al die legkaartstukke van die Oscar-raaisel in plek laat val nie, maar deurentyd aangryp en meesleur.