Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Geskenkstel U hand van seën is op my. Psalm 139:5 Die seën wat die gelowige vrou van die 21ste eeu soek, is die seën van die dieper lewe met Jesus Christus. Dit is die seën van 'n Woorddeurdrenkte lewe. Dit is om in "die rykdom van alles wat Christus ons leer" (Kol. 3:16) te leef, te groei, te oorwin en tot seën te wees. Die Stiltetydbybel vir vroue is spesiaal vir die vrou van vandag wat haar graag in God se Woord wil verdiep. Dit bevat die. Nuwe Testament van die Nuwe Lewende Vertaling verdeel in 365 dae. Vir elke dag is daar 'n inspirerende en aktuele oordenking wat voortvloei uit die gelese gedeelte van die Nuwe Testament. Dit verhelder die teks van die Nuwe Lewende Vertaling op 'n treffende wyse. Elke vrou wat hierdie Nuwe Testament met sy 365 diepsinnige oordenkings gebruik, sal by die plek van verwondering uitkom waar sy vol blydskap kan getuig: Waarlik, u hand van seën is op my!
Kondisie: 4