R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Die streke van Emil - Astrid Lindgren - Human & Rousseau - 1977 - Hardeband met stofomslag steeds mooi, skoon en stewig gebind.
Dit help nie om Emil Sondagskool toe te stuur nie, sê Lina, want hy sal tog nooit ‘n goeie seuntjie word nie en hy sal ook nooit in die hemel kom nie… tensy hulle iemand soek om met die donderweer te help!
Hierdie oordeel is miskien ‘n bietjie hard, hoewel Emil soms maar stoute dinge aanvang. Soos die keer toe hy op allerhande maniere probeer het om Lina se tand te trek. Dit was al erg genoeg, maar op dieselfde dag het hy ook die mense van die buurt die skrik op die lyf gejaag deur Idatjie blou te verf en aan te kondig dat sy tifus het.
Dan was daar nog die keer toe hy ‘n padda gevang het en in sy pa se kosmandjie gesit het omdat daar gate in sy eie sakke was!
Ja die mense van Lonneberga het nie juis baie rede om vir Emil lief te wees nie. Maar hy is nie net stout nie, wanneer dit nodig is, is hy ook sommer ‘n seuntjie uit een stuk. Dit het hy bewys op daardie dag kort voor Kersfees toe hy ‘n daad verrig het wat so dapper wa dat die hele distrik daaroor gejuig het en hy al sy kattekwaad vergewe is.