R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
There are various locker and counter collection points across South Africa. View locations
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 2 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.
Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as 'n bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle. Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi).
In Die swart eiland wil Kuifie help toe hy 'n vliegtuigie 'n noodlanding sien doen in die Belgiese platteland, maar die vlieënier skiet op hom. Hy vind uit dat die vliegtuig daarna in Engeland neergestort het en gaan stel ondersoek in. Sy ondersoek neem hom na 'n eiland in Skotland, waar daar baie vreemde dinge aan die gang is.