Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die geraamte lag luidkeels en onaards. Ignatius sien hoedat die Jivaro met die gesmelte goud nader kom na hom toe, met ’n afgryslike uitdrukking op sy gesig. Ignatius wil skree, maar hy bedwing homself. Dit voel asof yskoue water oor sy hart loop en asof sy keel skielik droog is en brand. Ignatius ruk aan die toue. Die dromme klop uittartend in sy ore. Dit is asof hy ’n fees in die hel bywoon. Die Jivaro met die gesmelte goud skiet nader, buk, en dan steek ’n verskriklike pyn in sy murg op, en hy hoor homself gil.
• • •
NUWE, GEREDIGEERDE UITGAWE DEUR GROENHEIDE BOEKE.
Eerste uitgawe, eerste druk, 2017.
Sagteband, 18.5cm × 12.7cm, 160 bladsye.
ISBN: 978-1-920709-31-0.
Geskik vir ouderdomme 12+ jaar.