| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
De tienduizend dingen (1955) is Maria Dermoût se beroemdste boek en is in vyftien tale vertaal. Dit is die sintuiglike en kaleidoskopiese verhaal van Felicia, mevrou van Kleyntjies, wat woon op n oënskynlik paradyslike Molukse eiland, in n huis aan die binnebaai.
Die titel is ontleen aan n uitspraak van Tsên Shên: Wanneer die tienduisend dinge in hulle eenheid gesien is, keer ons terug na die begin en bly waar ons altyd was. Hieruit blyk Dermoût se Boeddhistiese ingesteldheid: n sprankelende viering van die natuur en die lewe, en tegelyk n gelatenheid oor die verbygaan van tyd.
Die opvallendste tema in Dermoût se werk is verlies: verdriet oor die dood en die afwesigheid van geliefdes, oor geweld en wreedheid, en oor eensaamheid. Verdriet word getemper deur n omvattende liefde vir dinge: plante, skulpe, korale, golfies wat breek. Én deur berusting en aanvaarding van jou lot.
Toestand: Soos nuut
Formaat: Sagteband
Bladsye: 255
Uitgewer: 2022 Protea Boekhuis
ISBN: 9781485313533