Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
N jare van ontbering vind Mina Afrika geluk in Whitewing Lodge, 'n gastehuis op die rotse naby Visbaai. In die moderne kombuis leef sy haar ten volle uit as sjef; sy raak al hoe meer betrokke by die interessantste mense.
Daar is die eienares, Jana Jansens — onvoorspelbaar, opstandig, maar stralend sjarmant; Mina se assistent, Betta Pretorius — bekkig, maar die ene begrip; flambojante wreldreisiger Myra Ballantyne met haar Tarotkaarte immer byderhand; en Klaas Benson, bobaas met swem, braai en drink.
Sy verlang ook na Jantjie Oortzen — die weggooikind wat sy vir sy oupa-hulle helo grootmaak het. Hy is in matriek en die vrae oor sy onbekende moeder word 'n verterende obsessie by hom.
Dan maak Jana eendag 'n doodgewone aankondiging oor bykomende gaste vir middagete en dit verander alles.
Skielik word dit weer nag vir Mina. En vir die mense naaste aan haar.