Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Du Plessis N M. DIE TYGERBERG. Die verhaal van die Tygerbergheuwels en die stedelike gebiede Parow, Bellville en Durbanville. Kaapstad: Tafelberg, 1998. Eerste Uitgawe. "Onlangs is berig dat die stad Tygerberg sy planne vir 'n ge¨ntegreerde ontwikkelingsplan in waarskynlik 'n rekordtyd afgehandel het. Wanneer 'n mens dié boek deurgelees het, besef jy waarom. 'n Deeglike studie van die gebied is gedoen.
Die hoofstukke is geskryf deur kenners op hul gebied en begin by die geologiese geskiedenis inderdaad tot duisend miljoen jaar gelede. Dan die argeologie en 'n mens besef hoe baie van die vroeë mensgeskiedenis in die laaste drie eeue vernietig is.
Die boek fokus op die Tygerbergheuwels en die drie aanliggende gebiede in die titel. Ná die eerste hoofstuk handel die volgende drie oor die verhaal van die mens in die omgewing. In hoofstuk 5 word die gronde van die Tygerberg beskryf en in 6 en 7 die landbou en die ryk natuurerfenis. In die laaste hoofstuk is daar riglyne om botsende aansprake oor grondgebruik te versoen.
Die boek het beslis waarde vir 'n leser in die noorde van die land. Dit kan as voorbeeld dien vir navorsing oor baie omgewings. Veral omgewings in stede wat waardevolle natuurgebiede insluit. In Johannesburg dink 'n mens aan die Melvillekoppies, die Parktown-rant; in Pretoria aan die Magaliesberg; en Monumentkoppie.
'n Massiewe verskuiwing van rykdom gebeur nou in die land. Die noorde kan deur studie en bestuur keer dat die oorblywende natuur- en geskiedkundige geboue en gebiede soos reeds om die Tygerberg gebeur het onder woonbuurte begrawe word."
- Thys Uys is 'n senior redaksielid van Beeld - Nuut in Geen stofomslag, soos uitgereik. Foto-gelamineerde Hardeband. Buiteband se voorste rand is effe sonverkleur.
159 Bls, kleur & s+w fotos en illus. deurgaans. 159 Bls, kleur & s+w fotos en illus. deurgaans. (#0001105)
tygerberg, parow, bellville, durbanville, western cape, tygerbergheuwels, cape, northern suburbs, tierberg, south africa, suid afrika, sud afrika, cape province, western province, kaap, kaap provinsie, skiereiland, noordelike voorstede, weskaap, westelike provinsie, boereworsgordyn,