Josua is 17 en in graad 11. Sy gesin woon in Stellenbosch waar sy vader aan die universiteit doseer en sy moeder, ten spyte van haar wetenskapsgraad die huishouding behartig, haar man ondersteun, kook en die kinders gootmaak. Joshua het 'n suster en 'n broer. Beatrix (gr. 10) is goeie geselskap en Markus (gr. 8) is die rekenaarfundi en 'n beterweterige parmant. Toe 'n gesinsvriend vra of sy dogter by die Van Edens mag bly terwyl hy en sy vrou afsit na Dubai om geld te maak, kan hulle pa nie nee se nie, en so trek Titiana (gr. 10) in. Joshua, wat sy lewe doodgewoon en vervelig vind, is gefassineer deur Titiana wat so kom en gaan soos sy wil, eet soos sy lus het en wat 'n ring deur haar tong dra. Deur haar, wat ook 'n rekenaarkop is, raak hy betrokke by RPG (role-playing games), waar instruksies via e-pos of sms'e ontvang word. 'n Gevoel van dreigende onheil kom oor die storie. Wanneer dit blyk dat die spelmeester die hele tyd Markus was en dat Joshua se klasmaats ook deel van die speletjie was, is Joshua woedend. Hy voel verraai en verneder. Maar sy beste vriend Coenie voel weer beledig dat Joshua hom nie vertrou nie. Die storie einding waar Coenie 'n pistool afvuur.

Title: Die verdrinking van Josua van Eden
Sub Title:
Author: Carina Diedericks-Hugo
Publisher: Umuzi
Year: 2008
Number of pages: 155
ISBN: 9781415200650
Books are all in a used condition unless otherwise stated and may contain signs of wear and handling. Items are inspected before listing to ensure they are in an acceptable condition. Please ask questions if you need more details on an item's condition.
Books are shipped within one business day of checkout. If you select EFT as payment method, it may take somewhat longer for payment to reflect on our side before we are able to dispatch.
We offer Pargo Pickup (3-5 business days), local collection in Somerset West or Aramex door-to-door courier (1-2 business days). Shipping options can be selected at checkout.
We recommend Aramex courier as a fast no-contact delivery method available to all destinations within South Africa. Tracking number will be supplied once your shipment has been been processed.