Op 'n wintersdag in 1945 ontferm 'n kinderlose blanke egpaar, Sara en Erik de Graaff, hulle oor 'n driejarige halwe weeskind - Mina Afrika. Hulle wil haar graag 'n kans in die lewe gee, haar fyn opvoed. Maar dadelik begin die gegis, die geskinder in die Hexvallei. Want Mina se vel lyk soos koffie vol Jerseyroom. Soos die jare kom en gaan, bly sy hul 'aanneemkind'. Dit is die wyse, bejaarde Tietser Meraai wat meer soos 'n ma vir haar is. Sy waarsku die pragtige, intelligente kind: Net een misstap en die blankes sal vinger wys en se: Daar het die De Graaffs nou hulle loon. Wat het hulle in elk geval verwag van 'n 'hotnoskind', maak nie saak hoe goed sy 'opgevoed' is nie? Dan, terwyl Mina nog vol amibisie haar toekoms beplan en haar drome met die bewonderende Boeta Bantjies deel, gebeur die 'misstap'. Die verraderlike daad van 'n ryk jong wit man dryf Mina weg uit die Vallei, laat haar beland in 'n eindelose spiraal van bedrog. 'n Lewe van vernedering in Groenpunt en tussen die bendes van Distrik Ses ...

Title: Die Verdwyning Van Mina
Author: Zuretha Roos
Publisher: Tafelberg Publishers, Limited
Year: 2015
Number of pages: 233
ISBN: 9780624076926
Books are all in a used condition unless otherwise stated and may contain signs of wear and handling. Items are inspected before listing to ensure they are in an acceptable condition. Please ask questions if you need more details on an item's condition.
Books are shipped within one business day of checkout. If you select EFT as payment method, it may take somewhat longer for payment to reflect on our side before we are able to dispatch.
We offer Pargo Pickup (3-5 business days), local collection in Somerset West or Aramex door-to-door courier (1-2 business days). Shipping options can be selected at checkout.
We recommend Aramex courier as a fast no-contact delivery method available to all destinations within South Africa. Tracking number will be supplied once your shipment has been been processed.
See more of our books at
https://www.bidorbuy.co.za/seller/1245451/T_Wever