Die verhaal van Racheltjie de Beer
Check my rate
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Brett Michael Innes. Naledi (2012 - eerste uitgawe). Sagteband, 278 bladsye.
Baie netjiese toestand.
Die verhaal van Racheltjie de Beer is een van die merkwaardigste verhale van dapper kinders in ons geskiedenis. En tog het, sover bekend, nie 'n enkele persoon wat eerstehandse kennis omtrent haar besit het, die gebeurtenis waarvan hier vertel word, op skrif gestel nie. Die verhaal is net van mens tot mens oorvertel, maar diegene wat dit vertel het, was so seker dat dit wel gebeur het dat 'n mens moeilik aan die waarheid daarvan kan twyfel. Dit was, volgens oorlewering, om en by die helfte van die 1840s toe dié geskiedenis hom op n plaas aan die Transvaalse kant van die Drankensberge afgespeel het. Die gesin De Beer het hier by n vriendelike boer oorgestaan terwyl die vader nog besig was om n geskikte lap grond te soek waar hulle self kon gaan huis opsit. Dié deel is een van die koudste streke in die hele bewoonde Suid-Afrika. Dis gure winternag met stormwind en reën, en tussendeur vlok die vlae sneeu. Gn mens of dier sal onbeskut bly leef nie, en almal skuil so diep en warm weg as hulle kan teen die ysige geweld. Maar onder teen die spruitwal is daar tog n late wandelaar, n meisie van skaars twaalf.
