Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Pay before 9am and courier will deliver same day in Jhb. Weekdays only.
You can combine orders to save on shipping.
Very Good Condition
Frazertown is ‘n tipiese Amerikaanse stad, geleë in die hart van die Oekraine. In werklikheid is dit ‘n hoogs geheime en streng bewaakte opleidingsentrum vir uitgesoekte Russiese spioene, soos majoor Andrei Nikolawitsj Plenjakof. In Frazaertown heet hy John Barryl en hy praat en leef Amerikaans - met bruismelk en “hamburgers” kompleet. Wanneer hy later in Amerika “geplant” word, sal hy volmaak toegerus wees vir sy dubbele rol.
Tydens sy opleiding raak Barryl verlief op ene Norma Taylor, ‘n pragtige meisie wat frikkadelbroodjies verkoop. Net haar vurige pikswart oë verraai iets van haat ware identiteit: Dunja Andrejewna Koroljof, ‘n hoogs intelligente en gevaarlike Russiese spioen.
Barryl slaag nie daarin om haar te verower nie; wel sy vriend, majoor Sjoekof. Maar dié is in werklikheid Bob Miller, ‘n Amerikaner wat in die geheime Russiese stadjie, smolensk, in die V.S.A. opgelei is. Hy hoef in Frazertown net homself te speel, want van almal word verwag om te alle tye hul Amerikaanse identiteit uit te leef.
Die hartstogtelike verhouding tussen Bob en Norma word verbreek wanneer hy ‘n nuwe opdrag kry : om inligting or ‘n groot vuurpylbasis in Siberië te bekom. Maar intussen is Moskou se beste man, John Barryl, na Amerika gestuur. Hy dring deur die veiligheidsnetwerk en verdwyn spoorloos in die groot Amerikaanse gemeenskap.
Miller word inderhaas teruggeroep; hy alleen sal sy eertydse vriend kan uitsnuffel. In die soektog na John ontmoet Bob weer vir Norma: sy werk in ‘n restaurant by ‘n kernnavoringsinstallasie in Los Alamos, die geboorteplek van die atoombom! Dit is duidelik dat sy en John saamwerk en dat laasgenoemde steeds hoop om haar liefde te wen. Vir Bob Miller stuur dit alles af op ‘n onvermydelike klimaks: hy en Norma moet kies tussen plig en liefde. Om doeltreffend te wees, moet ‘n spioen sy gevoelens verloën; hy is ‘n doodmaakmasjien in diens van ‘n ideologie.
Die verliefde spioen bevestig dat Konsalik steeds ‘n meester van die spanningsverhaal is.
204 pages
RETURNS
We understand that not every purchase is a good fit for every customer. That is why we make the return process as simple as possible.
We strive for 100% customer satisfaction, please contact us first with any questions, comments or concerns and we will be glad to work with you.
Image is for illustrative purpose only and might differ from actual. Shown.