Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 8 - 12 working days
Die tengerige Siegfried Bock kom as soldaat na die protektoraat om sy staal te wys. Maar hy word gou ontnugter toe hy vergrype aanskou wat hy nie kan vergeet nie. Lisbeth Lwenstein is hier om met 'n man te trou wat sy skaars onthou, 'n setlaar wat vir haar armlastige ouers geld gestuur het om haar tot vrou te neem. Mordegai Guruseb ontsnap uit 'n konsentrasiekamp waar gevangenes van ontbering omkom. Maar kort voor lank word sy vryheid weer bedreig. En dan is daar die mislukte dokter Albert Pitzer wat homself 'n wetenskaplike ag en hoop om data te versamel wat sy teorie staaf. Alvaus Luipert, 'n plaaslike skoolmeester, duld egter nie sy arrogante aannames en vernederende metodes nie.
In die uitgestrekte, majestueuse landskap van Duits Suidwes-Afrika word die vyf mense se lot vervleg en elkeen se menslikheid word tot die uiterste beproef.
Summary | Duits Suidwes-Afrika, 1905. Die ontnugterde soldaat Siegfried Bock se pad kruis die van Lisbeth Lowenstein, 'n arm Jodin wat met 'n Duitse setlaar moet trou wat sy skaars ken... |
Author | Zirk van den Berg |
Publisher | Kwela Books |
Release date | 20180912 |
Pages | 299 |
ISBN | 0-7957-0882-3 |
ISBN 13 | 978-0-7957-0882-4 |