Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die Voëlgids van Suider-Afrika Ulrich Oberprieler & Burger Cillié Hierdie voëlgids het die volgende unieke kenmerke: 'n Gebruikersvriendelike stelsel met kleurkodes en kruis-verwysings om vinnig by die regte voël in die boek uit te kom. Meer as 1 200 uitstekende kleurfoto's van 809 voëls wat die verskillende kleurvorms illustreer: mannetjie, wyfie, jonge, broeidrag en ander variasies. Simbole wat die voël se voorkeur habitat, kos, sosialiteit en nes-tipe uitbeeld. Verspreidingskaarte wat die voorkomsdigtheid en migrasiepatrone aandui. 'n Stelsel wat al die voëls op uiterlike kenmerke en gedrag in 12 logiese groepe met kleurkodes indeel. Volledige teks wat klem lê op identifikasie en gedrag, en ook bruikbare inligting verskaf oor voëlfamilies en kleiner groepe.