Die VOC aan die Kaap, 1652-1795 - De Wet, Hattingh, Visagie
New
1 was available
R195.00
0% off
Shipping
R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 12 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Daar is reeds baie navorsing gedoen en 'n groot aantal publikasies het verskyn oor die geskiedenis van die Verenigde OostIndische Compagnie (VOC) se tyd aan die Kaap. Nogtans het baie kundiges 'n behoefte aan 'n gesaghebbende publikasie wat die VOC se bewindstyd aan die Kaap volledig sou behandel, geidentifiseer. 'n Motivering was 'n nuwe belangstelling in die Kompanjiesgeskiedenis en heelwat aspekte van die VOC se verbintenis met SuidAfrika wat nog nie in die historiografie neerslag gevind het nie. Sewentien medewerkers, wat elkeen 'n deskundige op sy of haar besondere terrein is, is gewerf. Aspekte wat bespreek word, is die ontdekking van die seeroetes na die Ooste en die Amerikas teen die einde van die 16de eeu en die interafhanklikheid wat daardeur tussen Europa, die Ooste en die Amerikas ontstaan het. Dit het ook in Nederland neerslag gevind met die ontstaan van die VOC in 1602 en die groei van sy Oosterse handelsryk in die 17de eeu, wat dit die eerste groot internasionale handelsmaatskappy gemaak het. Daarna word die maatskappy se geleidelike agteruitgang en sy uiteindelike ondergang aan die einde van die 18de eeu geskets. Daar word gefokus op die rol wat die Kaapse diensstasie in die VOC se Oosterse handel gespeel het, die Kaapse bestuursinstellings en owerheidsdienste word bespreek en aandag word gegee aan die verdediging van die Kaap - die strategiese waarde van die Kaap en die verdedigingstelsel om dit te beskerm, die verdediging teen 'n buitelandse bedreiging en die bekamping van binnelandse bedreigings. Laastens word die regspraak, gesondheidsdienste en onderwys volledig behandel. Daar is ook 'n fokus op die verskillende bevolkings, kulturele of beroepsgroepe aan die Kaap, te wete die Khoisan, die Kompanjiesamptenare, die vryburgers, die slawe en die gemengde of bruin bevolkingsgroep. Ten slotte is daar 'n samevattende oorsig op die geskiedkundige nalatenskap van die VOC se teenwoordigheid aan die Kaap op die ontstaan en ontwikkeling van SuidAfrika soos ons dit vandag ken.