Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Title: Die Wereld Wat Was
Sub Title:
Author: Fritz Steyn
Publisher:
Year:
ISBN:
Summary: Fritz Steyn plaas ons met hierdie boek terug in die tyd toe die hele laeveld en boswereld nog kon behoort aan 'n swerwerjagter met sy muilkar en sy geweer. Dit is 'n boek vir oud en jonk; vir die oues, wat die groot stilte en die skielike geweld ken van 'n dreigende nag onder die oop sterre in die hartjie van die wildernis, voordat plase afgebaken en permitte uitgedeel was - en vir die jonges, wat te laat gebore is. Want so voel 'n jong mens wanneer hy hierdie boek lees - dat hy te laat gebore is on deel te neem aan die dramatiese oerstryd om lewe en dood. So voel hy wanneer hy slegs deur sy motorruit kan kyk hoe 'n leeumannetjie hom uitstrek oor die netjiese pad van 'n wildtuin. Jan Blom was 'n swerwerjagter van daardie tyd, maar hy moes sien hoe die trekplek min word in sy leeftyd. Fritz Steyn (1913-1986) was 'n Suid-Afrikaanse skrywer, regsgeleerde, diplomaat, joernalis, kritikus en dramaturg. Hy was van 1965 Suid-Afrika se ambassadeur in Belgie en van 1969 'n regter in Johannesburg. Die wereld wat was kyk nostalgies terug na 'n verlore Bosveld wereld, waar die swerwer jagter Jan Blom rondtrek in die dae voordat plase afgebaken was en permitte uitgedeel is. Hy moet egter toekyk hoe sy wereld al kleiner word en die ongereptheid van vroeer moet plek maak vir sogenaamde vooruitgang.
Books are all in a used condition unless otherwise stated and may contain signs of wear and handling. Items are inspected before listing to ensure they are in an acceptable condition for resale. Please ask questions if you need more details on an item's condition.