| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Die eerste, "Die tuiskoms van Zack Becker", is die aangrypende liefdesverhaal van 'n besondere bywonerseun wat verlief raak op 'n boer se beeldskone dogter en alles in sy vermoe sal doen om haar hand te wen. Die titelverhaal, "Die Wit Hings van die Namib", vertel van hoe die verstrooide en geleerde doktor Robert Tredoux 'n safarileier, Fanus Brink, opkommandeer om hom en sy twee mooi dogters die onherbergsame woestyn in te vergesel, op soek na tekens van 'n wit spookperd wat volgens legende in die Namib woon en besoekers verwilder. Alles verloop egter nie glad in hierdie geheimsinnige diamantwereld nie, en die spanning laai op wanneer 'n vliegtuig met twee verdagte mans naby hulle neerstryk.| By: | Doc Immelman |
| Pages: | 184 |
| Publisher: | Protea Boekhuis |
| Isbn: | 1-86919-495-0 |
| Isbn13: | 978-1-86919-495-6 |