| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Andries Enslin
Formaat: Medium Hardeband
Toestand: Baie Goed
Nog selde is die Goeie Nuus so prakties en so passievol verduidelik soos in Die Woord Bybeldagboek. Andries Enslin gesels in hierdie dagstukkies gemaklik en reguit met almal wat honger is om te hoor wat God se Woord vandag vir ons wil sê.
Hierdie Bybeldagboek bied vir elke dag van die jaar 'n treffende boodskap na aanleiding van 'n "lewensvers" uit die Woord. Die Bybelwoorde van eeue gelede word dan prakties toepaslik gemaak vir almal wat in ons komplekse wêreld as opregte gelowiges wil leef.
Soos in sy TV-uitsendings praat die skrywer hier die taal van die hart. Hy konfronteer sy lesers met geestelike uitdagings: "Kom, klim op God se operasietafel sodat Hy jou 'n nuwe hart kan gee - 'n hart wat God se gebooie wil volg, en dit geniet!"
Daar word elke week 'n aktuele tema behandel waarby die daaglikse oordenkings dan aansluit, soos jou identiteit as kind van God, vryheid, versoekings, keuses, ons samelewing, gesindhede, egte godsdiens, lewenskuns- en talle meer.
New Brand new and unread book.
As New A secondhand book that can easily pass for a new one.
Very Good Book is in great condition with only a minor blemish here and there.
Good Book shows visible reading wear but nothing serious.
Fair Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.
Worn Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a "reading copy"). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.