Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Net toe almal aanvaar dat sake na normaal gaan terugkeer met die arrestasie van die reeksmoordenaar, bars 'n groter verskrikking los.
"Ek is Leoni Serfontein," se sy en haar lieflike glimlag flits perfekte, wit tande agter die donkerrooi lippe.
"Van Vuuren." Bert bied sy hand aan.
Sy neem sy hand terwyl sy vraend oor sy skouer kyk.
"Dis Alfred Steyn," se Van Vuuren.
"Wel, hallo daar, Alfred Steyn. Het jy geskrik vir iets? Jy lyk of jy 'n spook gesien het."
'n Breukdeel voordat sy dit gese het, het hy geweet.
"Bert...!" is al wat hy kan uitkry. Die haelgeweer is skielik van onder die oorjas in haar hande. Daar is 'n knal en die dowwe, rooi vlam...