Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Nog 'n skitterende versameling kortverhale & sketse deur Natanil. Dik Dun Thick Thin bevat 28 van sy beste (en snaaksste!) stories wat die afgelope vier jaar landswyd opgevoer is. Natanil is nie net een van die mees begaafde uitvoerende kunstenaars in SA nie, hy is ook een van die beste storievertellers. Soos gewoonlik delf hy goud uit sy kinderjare — oor sy ouers, sy ouma — maar daar is ook fantastiese en fantasmagoriese verhale oor sy lewe as sanger op plattelandse dorpies, oor 'n vreemdeling wat hom een aand in sy huis help om sy vrese te besweer, en hoe 'n mens jou eerste reus oorwin...