R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Disa Disa - Peet Venter -Van der Walt - 1996, eerste uitgawe - 448pp - Sagteband in goeie toestand - Intern mooi skoon en stewig gebind.
Posgeld en verpakking R28.00
Daar is die legende van die enkel tweeling met die tweelingsiel; van die Moeder van die Disas wat deur haar minnaar hoog op die berg bewaak word; daar is die makabere menslike offer wat gebring word wanneer die volmaan aan die westerkim hang en die son sy verskyning in die ooste maak. Daar is die duistere voorspelling van die stemme in die grot: Die tyd is naby. Hulle is baie naby aan jou. Hulle gaan Die Een van jou probeer wegneem. Jy sal met jou lewe vir haar veg, want sy is joune. Jy sal oorwin as jy nie van die skerpioen se angel vergeet nie…
Matt. Leroux keer terug na Donkerhoek, die erfplaas wat hy nou weer as voorste boplaas wil vestig. Hy het vol planne en energie teruggekom, maar tref net donkerheid hier aan. Hy weet dat hy te staan gekom het teen iets wat hy nie ken nie.
Teen die agtergrond van die Knysnawoud weef Peet Venter ’n vreemd-aangrypende roman met interessante en buitengewone karakters. Dit is ‘n verhaal vol onderstrominge en dreiging deur bose magte. Dit is die oer oue stryd tussen die goeie en die kwade. En hoog teen die kranse bewaar die Moeder van die Disas die geheim – wag op Die Een wat weer bevryding en die lig sal bring.