Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Dokument X - Gunter Schickelgruber - Sagteband in mooi toewstand.
Die titel Document-X, sal vir die meeste lesers seker vreemd en geheimsinnig klink, en dit is ook hoe dit moet wees, want reeds daarmee wil die skrywer die leser iets vertel van die inhoud van hierdie boek. Net soos in die geval van die bekende TV-reeks, The X-Files, het dit betrekking op dinge wat vir die gewone publiek doelbewus deur die regering van die dag geheim gehou en versteek word. Dinge waarvan hulle eintlik behoort te geweet het. Maar omdat hulle nie daarvan kennis dra nie, kan hulle ook niks daaraan doen nie. En al wat nou gebeur, is dat dinge wat die gewone publiek nie verstaan of kan verklaar nie, blindelings deur hulle aanvaar word, sonder om eens te probeer vasstel of dit reg of verkeerd is, want hulle glo dat die regering dit wel verstaan en sal wéét wat om daaromtrent te doen.
Ja, die regering verstaan wel en weet ook presies wat om te doen om te sorg dat die publiek niks agterkom nie!