Ben se ma sterf toe sy hom as jong seun seun uit 'n vuur red. Dit lei tot verdere spanning in sy reeds moeilike verhouding met sy pa. Ben se broer, die windmakerige Andries, word sy pa se gunsteling. Andries pleeg later op 'n bisarre wyse selfmoord tydens 'n veldslag in die Anglo-Boereoorog. In 'n poging om sy broer te red word Ben gewond, en deur die Britte gevange geneem.Ben ontmoet die pragtige verpleegsuster, Kate, in die hospitaal op Deelfontein. Hy raak verlief op haar, maar Kate het egter 'n donker geheim: morfienverslawing. Na vele probleme en omswerwinge, vind Ben onder valse voorwendsels verblyf in Montagu waar hy vir Kate wag. Hier ontmoet hy vir Helen, wie se man 'n Kaapse rebel was en wat ook na St. Helena verban was. Hy begin 'n vriendskap met Helen en gou is daar verwikkelinge.Intussen probeer Ben en sy pa elk op sy eie manier ook om hul verhouding te red en leer baie lewenslesse in die proses. Hierdie verhaal spreek tema's van swaarkry en verlies aan, maar ook van hoop en die krag van liefde. Donker bloeisel - Jacques Le Roux. Naledi 2018. ISBN 9781928426455

Title: Donker bloeisel
Author: Jacques Le Roux
Publisher: Naledi
Year: 2018
Number of pages: 217
ISBN: 9781928426455
Books are all in a used condition unless otherwise stated and may contain signs of wear and handling. Items are inspected before listing to ensure they are in an acceptable condition. Please ask questions if you need more details on an item's condition.
Books are shipped within one business day of checkout. If you select EFT as payment method, it may take somewhat longer for payment to reflect on our side before we are able to dispatch.
We offer Pargo Pickup (3-5 business days), local collection in Somerset West or Aramex door-to-door courier (1-2 business days). Shipping options can be selected at checkout.
We recommend Aramex courier as a fast no-contact delivery method available to all destinations within South Africa. Tracking number will be supplied once your shipment has been been processed.
See more of our books at
https://www.bidorbuy.co.za/seller/1245451/T_Wever