Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
lemand skiet vir adjudant-offisier Milo April by die Kaapse Waterfront. Koelbloedig, helder oordag, n teregstelling. Is n senior SAPD-offisier daar-voor verantwoordelik? En hou dit verband met geheimsinnige briewe wat die geskorste Valke-speurders Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang het? Met ondertone van nog staatskaping-onheil?
As hulle dit kan ontrafel, is hul loopbane gered, hul status herstel. Maar hoe ondersoek jy saak in die geheim, met jou hele toekoms op die spel as jy uitgevang word? Terwyl jy boonop jou tyd moet mors met n studentjie op Stellenbosch wat skynbaar na n naweek se gefuif tussen neus en ore verdwyn het? En die aapstreke tussen Jasper Boonstra, die superryk, alomberugte korporatiewe swendelaar, en die sensuele, desperate eiendomsagent Sandra Steenberg .
Jy doen maar wat jy altyd doen as jy Griessel en Cupido is. Bekhou, kophou, aanhou. Terwyl jou base raas en die media onmenslike druk op jou plaas. En jy stadigaan besef dit is die donkerste drif wat agter alles sit.
Gierigheid.
See pics for condition
More of my collection Here