R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 6 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Aan die einde van 1896, enkele jare voor die Anglo-Boereoorlog, het die 26-jarige wewenaar en Transvaalse koerantman Eugne Marais na Londen vertrek om in die regte te gaan studeer. Hier het hy onskynlik tot in die doodsnikke van die oorlog gewoon.
Oor hierdie lewensjare van een van Afrikaans se beroemdste letterkundige figure is baie min bekend. Leon Rousseau s in sy baanbreker-lewensverhaal oor Marais, Die Groot Verlange (1974): "Tensy ontdekkings gemaak word wat 'n mens jou op die oomblik kwalik kan voorstel, sal dit altyd onmoontlik bly om 'n samehangende relaas van Marais se vyf jaar in Europa te gee."
Hierdie ontdekkings en nog baie meer is nou gemaak. In Donker Stroom word onthul presies waarmee Marais hom kort voor, tydens en n die bitter stryd tussen Boer en Brit besig gehou het, 'n verstommende verhaal wat 'n mens jou skaars kan indink. Was Marais die onkreukbare patriot en joernalis wat sy biograwe van hom gemaak het, of is hierdie Afrikaner-ikoon ook deur die donker stroom van die tydsgees meegesleur?