Teen die agtergrond van n nuwe Suid-Afrika wat nie heeltemal lyk soos wat optimiste verwag het nie, is Ruben Olivier se lewe besig om uitmekaar te val. Sy vrou is dood. Die biblioteek wat die passie van sy lewe was, het hom n pakket aangebied om plek te maak vir n jong swart opvolger. Een van sy seuns het klaar die land verlaat en die tweede staan op vertrek. Sy beste vriend is sinneloos vermoor. Te midde van sy ontreddering moet Ruben sy wereld opnuut definieer rondom die vroue wat in sy lewe n rol gespeel het: die vroegwyse klein Lenie in sy pa se skuur, die lewenslustige Riana wat haar ouers getrotseer het om met hom te trou en toe na n miskraam n skaduwee oor hul huwelik laat val het, die liriese Alison wat hom laat struikel het ... Maar bowenal word sy hede deur drie figure oorheers. Daar is sy huishoudster, die formidabele Magrieta, wat hom nie toelaat om te vergeet van die werklike wereld rondom sy soliede ou huis in Nuweland nie. Daar is Antje van Bengale, n jong slawemeisie wat drie eeue gelede na n opsienbarende verhouding met haar baas tereggestel is en nou nog in die huis bly spook. En dan is daar Tessa, die ontsenuende vreemdeling wat een nag uit die ren opdaag op soek na blyplek en soos n donker maan die landskap van sy lewe belig met die teenstrydige onthullinge uit haar verlede en die uitdaging van haar troebel seksualiteit. Teen die agtergrond van die woelinge en onsekerhede van vandag se Suid-Afrika, wat miskien nie so anders lyk as di van driehonderd jaar gelede nie, is Donkermaan waarskynlik die intiemste verhaal wat Andr P Brink nog geskryf het. Met n aanslag wat wissel van die ligte en speelse tot die nostalgiese en ontstellende, word dit n besinning op liefhe en oud word, op skuld en onskuld, op verlies en wanhoop en hoop, op drome en werklikheid, op verantwoordelikheid teenoor hede, verlede en toekoms. Bekroon met die Hertzogprys in. Donkermaan - Andre P Brink. Human & Rousseau 2001. ISBN 9780798141758

Title: Donkermaan
Author: Andre Brink
Publisher: Human & Rousseau
Year: 2001
Number of pages: 348
ISBN: 9780798141758
Books are all in a used condition unless otherwise stated and may contain signs of wear and handling. Items are inspected before listing to ensure they are in an acceptable condition. Please ask questions if you need more details on an item's condition.
Books are shipped within one business day of checkout. If you select EFT as payment method, it may take somewhat longer for payment to reflect on our side before we are able to dispatch.
We offer Pargo Pickup (3-5 business days), local collection in Somerset West or Aramex door-to-door courier (1-2 business days). Shipping options can be selected at checkout.
We recommend Aramex courier as a fast no-contact delivery method available to all destinations within South Africa. Tracking number will be supplied once your shipment has been been processed.
See more of our books at
https://www.bidorbuy.co.za/seller/1245451/T_Wever