Dooiegety - Bets Smith
Check my rate
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Dooiegety - Bets Smith
Op Makulu Manzi leer Daleen die groot donkerte ken. Sy en haar tienerdogter verwerk nog haar man se dood toe Daleen se vriendin sterf. Om uit te vind hoe sy dood is en wie daarvoor verantwoordelik is, vergroot sy die foto's van haar vriendin se huis wat in haar kamera se visier was terwyl sy sterbane gefotografeer het. Daar is selfs 'n motor en 'n vae figuur in die foto's maar dis nie duidelik wat se motor dit is, of wie die figuur is nie.
Ook vrees sy vir haar dogter se veiligheid nadat 'n tiener onlangs op diê vreedsame dorpie verdwyn het. Erger, is daar 'n verband tussen haar vriendin se dood en die meisie se verdwyning? Om die kroon te span duik daar GNOC-partytjies op onder die tieners van die dorp en sy moet alles in haar vermoë doen om haar dogter te beskerm.
Wanneer dit duidelik word dat Daleen se vriendin verrnoor is, kom die verdagtes een na die ander uit die verf en later weet sy nie meer wie om te vertrou nie. Haar antwoord kry Daleen eers toe sy in lewensgevaar verkeer nadat haar dogter verdwyn het. Dit is te laat vir spyt en sy is van net een ding seker: Die makste hond byt die seerste.
Toestand: NUUT
Formaat: Sagteband
Bladsye: 300
Uitgegee: 2019 (Lapa)
ISBN: 9780799395679