| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
As mens hierdie boek klaar gelees het, is die slotparagraaf ook 'n goeie samevatting van die leser se gevoelens: ¬ダAgter ons het dae van avontuur, swerfdae oor ver paaie gelᅢᄅ. Vir elkeen van ons was dit 'n kosbare en nimmer te vergete ervaring. Tot-stens Suidwes! Ons sal weer kom. Ons sal kom soek na jou wye horisonne, jou blou berge en geheimenisvolle klowe.
'n Paar jongmans gaan op reis per motor na Suidwes en die skrywer beskryf van hulle onder-vindinge en vertel alles wat hulle gesien en gehoor het. Ons sien nie net die Suidwes-landskap met die oᅢᆱ van die skrywer nie, maar leer baie van die geskiedenis van die land. Die mooiste gedeeltes is die stemmingsvolle beskrywings, veral van die nag as ons luister na die gehuil van die jakkalse. Dis alleen 'n woord-kunstenaar soos De Klerk wat in staat is daartoe om die leser so diep te ontroer. Saam met hom en sy maats is ons verwonder en verras oor soveel ongekende skoonheid, oor soveel ongekende verskynsels.
Die paar pragtige foto's verhoog die waarde van hierdie werk.
Hardeband
Condition: Good