Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
In die gedempte stilte van die Camerons se stowwerige solder neem die vier vriendinne, met hul drome in 'n kobaltblou bottel vasgevang, mekaar se hande en reik na die onbekende uit. "Ons vertrou ons drome aan die toekoms toe," sĂȘ Letitia saggies. "Aan die toekoms," herhaal die ander. Letitia droom daarvan om met haar groot skoolliefde te trou. Mary Love wil graag 'n beroemde kunstenaar word. Ryk Eleanor streef daarna om as maatskaplike werker mense in nood te help. Adora, die dominee se dogter, wil 'n Hollywood-ster word. Sal die vervulling van hul drome hulle geluk bring? Of sal hulle uit hul drome ontwaak om te vind dat hul lewenspaadjies bestemmeings insluit wat hulle in hul wildste drome nie kon voorsie nie?