Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Chanette Paul
Formaat: Groot Sagteband
Toestand: Soos Nuut
Net nadat die eienaardige vrou met dic sterk Afrika-aksent vir haar sê: Strange coincidences may be but the workings of the universe, droom Jaini van Schalkwyk weer vir die eerste maal in jare haar vreesaanjaende droom.
Die mis is klam en koel en dwarrel in vlae teen haar aan. Sy sak weg daarin. Los op daarin. Dan asern sy dit in, Nou is dit binne-in haar. Dit begin haar versmoor . . . Die droomwip moes haar drome verklaar, die runesteen moes haar beskerm en die antieke manuskrip kon dalk haar toekoms verseker. Maar pleks daarva.n beland Jaini in n wip van haar eie. Haar drome raak net meer verwarrend. Op haar eerste nag in die sandsteenhuis met sy gotiese oordaad, word n moord gepleeg.
En boonop is die manuskrip wat haar daarheen gelok het, toe nie wat dit veronderstel was om te wees nie. Terselfdertyd lei die enigste werklike leuen wat sy nog ooit vertel het daartoe dat sy van allerhande onheilighede, insluitende moord, verdink word. Die raaiselagtige kwaliteit wat haar lewe aanneem, lei tot n worsteling met die skadukant van haar persoonlikheid, met haar onwelkome heldersiendheid, en haargevoel vir die man met begrip vir die verre verlede in sy oë. Terwyl die grense tussen droom en werklikheid vervaag, raak sowel die beperkinge as die gebrokenhei.d va.n haar wêreld vir Jaini duideliker.
Waar lê die antwoorde uiteindelik?