Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Kristel Loots
Formaat: Medium Hardeband
Toestand: Baie Goed
Die beeld wat hy skep, is een wat sukses uitskreeu. Sy hare is duidelik deur vaardige vingers gesny. Dik, donker hare wat na agter gekam word, met 'n enkele stringetjie wat neig om oor sy voorkop te val. 'n Beduidenis daarvan dat hy, soos sy hare, dalk tog beheer kan verloor en pret kan hê wanneer die tyd daarvoor reg is. Net genoeg om jou hande te laat jeuk om dit van sy voorkop af weg te streel.
Die beeldpoetsers wat Daniël onder hande gehad het, het goeie werk gedoen. Hy skep 'n uiters professionele indruk, maar is terselfdertyd so duiwels aantreklik dat enige vroumens met bloed in plaas van yswater in haar are hom ook as man móét raaksien.
Dit kan net 'n ontwerpersuitrusting wees waarin daardie lyf van hom gegiet is, dink Bibbi. Wat 'n lyf! Wat 'n man! Bibbi blaas haar asem sidderend uit. Sy let die skitterblink lessenaar op, die blad besaai met dokumente en die dekselse Sanet se fantasie kom spook by haar, word haar eie. Sy sien hoe Daniël sy skootrekenaar toeklap en opsy stoot. Uit die pad uit. Heeltemal wegbêre. Hoe hy die pakke en pakke dokumente met 'n enkele beweging ongeduldig van die lessenaar afvee, hoe hy sy arms na haar toe uitsteek, haar nader trek en sag maar beslis op die lessenaar neerlê...
Nog 'n besonderse verhaal soos net Kristel Loots dit kan skryf - liplek-lekker leesstof van begin tot einde.
New Brand new and unread book.
As New A secondhand book that can easily pass for a new one.
Very Good Book is in great condition with only a minor blemish here and there.
Good Book shows visible reading wear but nothing serious.
Fair Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.
Worn Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a "reading copy"). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.