Free shipping is available from Retro Junkie for all orders above R500.00, using one of our trusted couriers. Check my rate
Free collection is available from various lockers and counter collection points across South Africa, for all orders above R500.00 from Retro Junkie View locations
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 2 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Ouboet gaan na die pandjieswinkel om n skottelgoedwasser te koop maar kom met n stel tromme terug.
Spike leen die tromme sodat Yollie eers kan afkoel. Maggie se ma kom onverwags kuier en is n onmisbare ergenis. Wimpie en Sonja is in die sop wanneer hulle antwoordstelle vir n wiskundetoets identies is.
SLAAP HOENDERTJIE SLAAP:
Wimpie en Koert bou n wekker as skooltaak. Ouboet sien potensiaal in die wekker-idee maar sy weergawe werk soos al sy projekte maar werk. Die hipnotiseur Rex Dexter tree by die klub op en Wimpie en Koert kry n boek oor hipnose in die hande. Met die eerste probeerslag in die motorhuis reageer Hendrik op die hipnose en Bettie se Bulldog sit hom agterna. Neelsie en Sonja kry ook die boek onder oë..
BERSIE EN BOLLIE:
Wimpie en Ouboet het elk n troetelitem uit hul kinderdae. Wimpie het vir Bersie sy kombers en Ouboet vir Bollie sy vonkprop. Spike wys water aan met n mikstok maar dit het rampspoedige gevolge. Terwyl Maggie se mangels verwyder word help haar ma met die huishouding en die kinders mis n dag se skool. Hendrik skiet Bettie se Bulldog met n albaster. Wanneer die polisie en DBV kom ondersoek instel help Spike vir Hendrik.
DIE FINALE BESLUIT:
Hendrik, Ouma en Ouboet wed skelm op die perde. Hulle vra vir Koert om die kaartjies vir sy pa te gee. Wimpie en Koert voel dis weer tyd om n partytjie by die huis te hou en benader die probleem op n unieke wyse. Ouboet word gekies om vir die mechanics rugby te speel teen die appies en hardloop in teen die paal vas. Koert neem sy plek in en word as Mechanic of the Match gekroon. Tot Ouboet se verdere onsteltenis dans Yollie die aand van die partytjie met Koert. Ouma se perde wen maar daar is n kinkel in die kabel.
VERDWYNHIER KOM DIE WELSYN:
Spike kla by Hendrik dat almal oor hom loop en hy besluit om in te skryf vir n kursus in assertiveness. Maggie word vreeslik onstel deur n brief vanaf die welsyn wat sê dat hulle die Van Tonders kom besoek. Mev Haasbroek van die welsyn daag dan ook op en natuurlik loop alles verkeerd in die Van Tonder-huishouding. Ouma kom egter tot die redding. Wimpie gee vir Riekie n hangertjie vir haar verjaardag en sy raak dolverlief op hom. Hendrik en Maggie kry voogouerskap oor die twee kinders en Spike kry amper n tuinvurk in sy maag toe hy vir Ouma probeer voorsê.
DAARS LIEFDE IN DIE LUG:
Spike se tweeling besmeer al sy gereedskap met supergom en Hendrik moet hom help om dit af te kry. Ouboet en Yollie moet Johannesburg toe vir sake hulle wil hulle eie 087 inbelnommer te kry. Dinge loop skeef wanneer Ouboet voor die mikrofoon vries. Koert versprei allerhande stories oor Liz en sy volg hom tot by Wimpie hulle se huis om hom reg te sien. Ouma help vir Maggie om vir die kinders kostuums te maak vir die skoolkonsert. Koert is verlief op Liz en hy en Wimpie maak n plan om haar hart te wen. Hendrik, Spike en Ouboet se snorkery gee hulle probleme
Discs: Very Good Condition Case: Very Good Condition