Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Drome Kan Waar Word deur Edna Cane
PDF E-Boek (Aflaaibaar)
166 Bladsye
ISBN: 978-1-920414-78-8
Drome kan Waar Word
Sheree Stiler is 'n jong Christenmeise in Suid-Afrika wat met haar lewe probeer voortgaan, sewe maande nadat haar kêrel Ricardo in 'n skietongeluk gesterf het.
Sheree het 'n paar groot drome oor wat sy met haar lewe vorentoe wil bereik: Sy wil haar eie boek skryf, sy wil vir 'n wêreldbekende Britse popgroep liedjies skryf, sy wil haar eie hotel oopmaak, en sy wil ook haar ware man ontmoet.
Sheree word baie geseën in haar lewe, en met harde werk word haar drome een-vir-een bewaarheid. Sy skryf 'n boek wat gepubliseer word; sy word deur die popgroep na Brittanje genooi om hulle liedjieskrywer te wees, sy maak haar eie hotel in Engeland oop en sy ontmoet die man van haar drome daar.
Sheree het egter ook 'n ander geheime droom gehad, 'n vreemde droom waarvan niemand geweet het nie... en toe word hierdie droom ook waar...
Drome Kan Waar Word is 'n Christelike liefdesroman wat handel oor die vervulling van drome en wense en wat veral by jonger lesers sal aanklank vind.
Meer oor Edna Cane:
Edna Cane het grootgeword in Witbank, Mpumalanga, en na skool het sy in haar ouers se winkeltjie gewerk. Sy het daarna vir vyf jaar in Pretoria gebly en gewerk as kelnerin en toe weer teruggekeer na Witbank waar sy verder as kelnerin werksaam was. Na 'n baie ernstige motorongeluk en 'n jaar se herstelproses het sy vir Albertus (Swannie) Swannepoel ontmoet, met wie sy in Maart 2011 in die huwelik getree het.
Soektog na Liefde is Edna se tweede boek. Haar eerste roman, Totsiens aan Gister, het in April 2011 verskyn.
*Hierdie e-boek word direk op bidorbuy verkoop deur die uitgewer, en bidorbuy is in besit van 'n magtigingsbrief van die uitgewer.
NEEM ASB. KENNIS: Hierdie is 'n e-boek in PDF formaat en 'n skakel na 'n aflaaibare PDF e-boek word na jou ge- e-pos wanneer die betaling in ons rekening reflekteer. Laat asb. 48 uur toe vir elektroniese aflewering per e-pos, en onthou asb. om jou "junkmail folder" ook na te gaan. Hierdie PDF e-boek word nie na jou per CD gepos nie - jy gaan dit slegs per e-pos ontvang, of 'n web-skakel per e-pos ontvang sodat jy die e-boek van ons webwerf kan aflaai.