This item has closed 1 buyer bought 1 item
View other items offered by invest61127

Similar products

60% OFF
The Blue Lagoon - Ebook
R19.99 R49.99
79% OFF
Celeste Ng - Little Fires Everywhere [eBook PDF]
R59 R278
Learning to Ride - Bookshots - Stories at the Speed of Life
R29
Heidi by Johanna Spyri EBOOK (Free Download)
R1

E-Boek: Soektog na Liefde deur Edna Cane (ISBN: 978-1-920414-75-7)

New
Indicative market price: R89.99
R29.99 67% OFF
Shipping
Standard courier shipping from R60
R60 Standard shipping applies to orders under R100, in most areas in South Africa. R30 Standard shipping applies to orders over R100. Some areas may attract a R30 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable.
Check my rate
Ready to ship in
The seller has indicated that they will usually have this item ready to ship within 3 business days. Shipping time depends on your delivery address. The most accurate delivery time will be calculated at checkout, but in general, the following shipping times apply:
 
Standard Delivery
Main centres:  1-3 business days
Regional areas: 3-4 business days
Remote areas: 3-5 business days
Get it now, pay later
Returns
Replacement
Warranty Type: Replacement Foutiewe leers sal vervang word.

Product information

Condition:
New
Location:
South Africa
Product code:
SoektognaLiefde E-boek
Bob Shop ID:
144173297

Soektog na Liefde deur Edna Cane

PDF E-Boek (Aflaaibaar)

152 Bladsye

ISBN: 978-1-920414-75-7


Alles het begin toe Tracey se ma ernstig siek begin raak het.

Tracey moet haar werk as instruktrise by die gimnasium prysgee om haar ma voltyds te kan versorg. Uiteindelik versleg haar ma se toestand sodanig dat Tracey en haar man, Eric, haar ma by ‘n versorgingstehuis moet gaan inboek, met hulle eie geld. Dit begin ook sleg gaan met Eric se werk, sodanig dat sy inkomste heelwat verminder, en van hier af loop alles net skeef in Tracey se lewe.

As gevolg van Eric se trots probeer hulle alles van hulle familie en vriende af weghou, selfs toe hulle die huis verloor. Met haar huwelik wat daaronder ly, het Tracey nog haar geloof wat haar deur die diep waters dra, maar selfs dit begin later verkrummel en gee sy toe aan erge versoekinge onder die druk van haar probleme.

Later begin dit finansieël baie beter gaan in hulle lewe, maar hulle huwelik het reeds ‘n groot knou gekry. Deur alles bly Tracey tog nog steeds lief vir Eric, en wil sy haar huwelik red, maar sy begin twyfel of haar sondes dit sal kan oorkom en sy raak seker daarvan dat haar huwelik in die slag gaan bly.

Dan begin Tracey egter leer van God se groot genade en vergiffenis wat ook deurspoel na ander mense en haar selfs aanraak. Met dankbaarheid besef sy egter dat dit ook baie werk van haar kant af gaan verg om gebroke verhoudings weer te heel...

Soektog na Liefde is ‘n Christelike roman wat handel oor liefde, swaarkry en vreugde, familiebande, versoeking, sonde, genade en vergiffenis.

 

Meer oor Edna Cane:

Edna Cane het grootgeword in Witbank, Mpumalanga, en na skool het sy in haar ouers se winkeltjie gewerk. Sy het daarna vir vyf jaar in Pretoria gebly en gewerk as kelnerin en toe weer teruggekeer na Witbank waar sy verder as kelnerin werksaam was. Na 'n baie ernstige motorongeluk en 'n jaar se herstelproses het sy vir Albertus (Swannie) Swannepoel ontmoet, met wie sy in Maart 2011 in die huwelik getree het.

Soektog na Liefde is Edna se tweede boek. Haar eerste roman, Totsiens aan Gister, het in April 2011 verskyn.

Kliek hier om 'n UITTREKSEL van die boek in PDF-formaat te besigtig of REGS-KLIEK om die uittreksel na jou rekenaar af te laai om daarop te lees

Ek verkoop op bidorbuy.co.za*Hierdie e-boek word direk op bidorbuy verkoop deur die uitgewer, en bidorbuy is in besit van 'n magtigingsbrief van die uitgewer.  


NEEM ASB. KENNIS: Hierdie is 'n e-boek in PDF formaat en 'n skakel na 'n aflaaibare PDF e-boek word na jou ge- e-pos wanneer die betaling in ons rekening reflekteer. Laat asb. 48 uur toe vir elektroniese aflewering per e-pos, en onthou asb. om jou "junkmail folder" ook na te gaan. Hierdie PDF e-boek word nie na jou per CD gepos nie - jy gaan dit slegs per e-pos ontvang, of 'n web-skakel per e-pos ontvang sodat jy die e-boek van ons webwerf kan aflaai.