Janeke loop die ou, ou pad van 'n vrou wat gevaar staan om haar man te verloor. 'n Baie moeilike tiener en die feit dat Janeke weer 'n baba verwag maak niks makliker nie. Ook nie die feit dat sy nie seker is hoekom haar man haar wil verlaat nie. En toe sy uiteindelik agter die kap van die byl kom, is sy nie meer so seker sy wou regtig weet nie. Op die lange duur, vrees sy, gaan sy veel meer as haar man verloor. Min dinge word haar gespaar en daar word meer as redelikheid van haar verwag.Maar uit hierdie verbryseling staan Janeke op - in 'n helderoranje rok en blou skoene, ja - en sy is bevry van 'n verlange wat haar sestien jaar geteister het. 'n Genadige sin vir humor sleep haar deur van die moeilikste oomblikke. En haar verhaal verloop net so heel anders as di van die meeste vroue in haar situasie. Sy wen meer as wat sy verwag of ooit oor durf droom het.In Eendagmooi raak Kristel Loots diep eietydse vroulike issues aan. Die storie is verweef en deurdag en gee die leser 'n kykie in die siel van 'n vrou wat by veranderings in haar lewe moet aanpas. Dis 'n onvergeetlik mooi storie wat die binnelewe van 'n vrou fyn verwoord en wys dat hoop en liefde van 'n eendagmooi, wat net een dag blom en oornag verwelk, 'n hemelblom kan maak. Eendagmooi - Kristel Loots. LAPA 2012. ISBN 9780799355376

Title: Eendagmooi
Author: Kristel Loots
Publisher: LAPA
Year: 2012
Number of pages: 374
ISBN: 9780799355376
Books are all in a used condition unless otherwise stated and may contain signs of wear and handling. Items are inspected before listing to ensure they are in an acceptable condition. Please ask questions if you need more details on an item's condition.
Books are shipped within one business day of checkout. If you select EFT as payment method, it may take somewhat longer for payment to reflect on our side before we are able to dispatch.
We offer Pargo Pickup (3-5 business days), local collection in Somerset West or Aramex door-to-door courier (1-2 business days). Shipping options can be selected at checkout.
We recommend Aramex courier as a fast no-contact delivery method available to all destinations within South Africa. Tracking number will be supplied once your shipment has been been processed.
See more of our books at
https://www.bidorbuy.co.za/seller/1245451/T_Wever