Eerste Feiteboek 'N Kennisskatkis Vir 5 Tot 9 Jariges
About This Book
Condition & Size
Eerste feiteboek 'n Kennisskatkis vir 5 tot 9 jariges
Helen Lewis
Extra Large Paperback
Some wear
Propvol fassinerende feite, vir maklike leesbaarheid in happiegrootte aangebied. Gebasseer op die nuwe kurrikulum.
Nuwe kennis is vir elke kind opwindend. Eerste Feiteboek is propvol fassinerende feite, vir maklike leesbaarheid in happiegrootte aangebied sodat leer pret bly. Die boek is bedoel vir kinders in die Grondslagfase van Graad 1 tot 3, en is ten volle gebaseer op die nuwe kurrikulum (CAPS: die Nasionale Beleids- en Assesseringbeleidsverklaring).
Die volgende leerareas word gedek:
- Lewensvaardighede
- Wiskunde
- Moedertaal
- Eerste Addisionele Taal.
Die boek is 'n lus vir die oog - pragtig ontwerp met hope uitstekende illustrasies en foto's. Dit ondersoek elke vak wat jou kind op skool kry, met tonne bykomende interessante feite. Dit is die enigste naslaanboek wat jy vir kinders van hierdie ouderdomme hoef aan te skaf, en onontbeerlik vir elke leergierige jong leerder. Selfs ouers sal dit geniet om die boek te lees en interessanthede soos die volgende te wete te kom:
- Dolfyn- en walviskalfies word met 'n harige snor gebore.
- 'n Volstruis se brein is kleiner as sy oog.
- Daar's 'n voƫltjie wat agteruit kan vlieg - die kolibrie.
About Readmatter Online Used Bookshop
Born from a dream during the heart of the COVID-19 pandemic, ReadMatter has blossomed into one of South Africa s premier online used bookstores. Operating from three strategic depots in Gauteng, we diligently deliver hundreds of books weekly, illuminating minds and enriching souls and bringing the joy of reading to every corner of the nation. Our shelves boast roughly 10,000 books and 4,000 authors at any moment, with an additional 100,000 unlisted treasures available upon request. Can't find what you're looking for? Allow us the privilege to unearth it for you! At ReadMatter, a portion of every sale is lovingly donated to a variety of causes supporting the aged, the vulnerable, and animal conservation. Join us in turning pages and transforming lives, one story at a time.