Dasseneiland; 'n dagboek vir duikers, snoekvangers, seekosmakers en ander strandlopers - Pieter Pieterse - HAUM - 1990, eerste uitgawe, eerste druk - 195pp - Harde glansblad: goeg - Intern mooi skoon en stewig gebind.
Posgeld en verpakking R28.00
Van tyd tot tyd verskuif Pieter Pieterse se staning na afgelee plekke, na stukkies ver land waarheen sy rustelose aard hom lei. Plekke ver genoeg van die beskawing, maar naby genoeg aan karakters en gebeure wat vrá om geskryf te word. Plekke soos Tietiesbaai aan die Kaapse Weskus, die Skedelkus van die Dood in die Namibwoestyn, die Mahangowildtuin in die Caprivi en Dasseneiland in die Atlantiese Oseaan. En daar waar hy kortstondig wortelskiet, word sy wêreld vir die leser ‘n werklikheid deur die letters wat uit sy woordemaker, Die Monster, vloei. Die veld, die see, sy medemens — en sy lngilsman — is die basis en spil waarorn sy lewe draai, en hieroor skryf hy met fyn aanvoeling, buitengewone kennis, humor en deernis.
DASSENEILAND is die dagboek van ‘n verblyf op ‘n eiland tussen hase, pikkewyne en skilpaaie. Op hierdie werf vind jy uit hóé geil die geilste kossie van die Kaap regtig is en wat dit aan ‘n man se koerasie kan doen, hoe ‘n skilpadmannetjie aan die naam Koukbottel kom en hoe snoeksiekte ‘n mens tot kort duskant verslawing kan dryf.
Jy verneem egter ook dat vlakwater kwaadwater kan word, ‘n loopdop ‘n verdrinkdop, dat daar ‘n tyd kom wanneer ‘n duiker gewigte moet afgooi en dat daar rotse is wat in ‘n oogwink malende witwater kan,word.
DASSENEILAND is ‘n buitengewone handleiding, ‘n gids vir voornernende duikers, oud en jonk, vistermanne, seekosmakers en ander strandlopers. Dit is ook propvol stories vir hulle vir wie Pieter Pieterse, sy werfjoernale en sy Ingilsman al volksbesit geword het!