Eeufees-gedenkboek Gemeente van Hopefield - J. Fourie
Check my rate
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Eeufees-gedenkboek Gemeente van Hopefield - J. Fourie
Met die wete egter dat geskiedenis 'n eie taal spreek, het ons probeer om 'n getroue beeld en weergawe te gee van die gebeurtenisse oor 'n tydperk van honderd jaar. 'n Mens word soms oorweldig deur die massa stof tot jou beskikking. Die versoeking is soms groot om wydlopig te word terwyl jy besef dat jy jou hinne sekere perke moet hou.
Om dié rede moet soms interessante insidente, om nie te sê amusante nie, agterweë gelaat word en maar net gehou word aan 'n meer wetenskaplike opset van die geheel. As ons in die doel geslaag het, sal ons met dankbaarheid vervul wees dat dit ons vergun was om hierdie taak te voldoen. Vergun ons hier net 'n verduideliking i.v.m. die werk self.
Aangesien ons gedurig verwysings maak na bronne waaruit ons ons stof geput het, gee ons nie 'n aparte bronnelys aan nie. Ons het probeer om alle bronne noukeurig aan te gee in 'n voetnoot behalwe die kerkraadsnotule. Alle aanhalings, e.d.m., wat dan nie deur voetnoot gedek word nie, moet dus beskou word as geneem uit daardie notule soos dit dan ook die meeste van die tyd uit diê verband duidelik is.