Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Eilande is nie net n titel nie dis n gebeurtenis. In hierdie onstuitbare epos word die eerste jare van die Kaapse nedersetting herroep in sewe grootse taferele uit die lewe van ses historiese manfigure wie se lewens op byna onnaspeurbare maniere in mekaar vervloei. En om wie vloei hulle? Om die wese van n vrou, Pieternella in wie se liggaam wit en bruin bloed saamgevloei het tot n noodlot. Hierdie sewe mans is almal deur haar aangeraak. Sy is die spilpunt van n genadelose geskiedenis van dood, liefde en oorlewing. Die verhaal strek ver en wyd: oor drie oseane, drie vastelande en n handvol eilande. Dit loop, soos n groot rivier, met geweldige versnellings wat die leser insluk en meevoer. Maar oraloor kom dit ook tot rus in die lewe van gewone mense. Dit beantwoord baie vrae. Hoe ervaar n honger inboorling die driemaster wat stadig op die rotse loop reg daar op die lykus waar hy woon?