| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
TITLE: EINDSTRYD GEHEIME GESPREKKE EN DIE EINDE VAN APARTHEID
AUTHOR: WILLIE ESTERHUYSE
CONDITION:
Soft Cover
Message written on the first page
STORY: In Mei 1989 kontak die Intelligensiediens my. Ek is totaal en al onvoorbereid op die versoek: "Tree met Thabo Mbeki in verbinding. Vra hom om na Londen te reis waar jy en hy onder vier oë moet ontmoet. Niemand anders mag weet waaroor julle praat nie." Ek begin bewe. Moet ek betrokke raak by iets wat my só sal kompromitteer dat alles wat vir my morel belangrik is, dalk in duie kan stort?
Eindstryd is die verhaal van hoogs geheime ontmoetings tussen verbanne ANC-leiers en 'n paar uitgesoekte Afrikaners in die onstuimige tagtigerjare, vir die eerste keer vertel deur iemand wat self daar was: Willie Esterhuyse. Dié vertroulike gesprekke in Engeland was nie net deurslaggewend vir die begin van onderhandelinge nie, dit was ook die begin van 'n onwaarskynlike maar durende vriendskap tussen 'n Stellenbosse professor uit die Afrikaner-binnekring en 'n vurige jong aktivis en latere president. Esterhuyse bied 'n vars, soms onthutsende blik op dié fassinerende verhaal: van geheime tronkgesprekke met Nelson Mandela tot wat gesê is in PW Botha se situasiekamer en hoe Nasionale Intelligensie Suid-Afrika van grootskaalse geweld probeer red het deur in te gryp in die skaakspel tussen die "vyande".
| 22,2CM X 15,3CM X 2,1CM |
| 0,51KG |